Placeholder Picture

Die Faure familie in Suid-Afrika

Waar kom ons vandaan?

Ons kan met redelike sekerheid sê dat ons kom oorspronklik van Orange, Frankryk.

Dit is ook bekend dat op 30 November 1713, die Nederlandse skip, Kockengen, met Wouter Reimiersz as kaptein, vertrek het van Tessen in Nederland met 132 seevaarders asook 16 passasiers en 39 soldate. Onder die passasiers was die nuwe Goewerneur van die Kaap, Maurice Pasques de CHAVONNES, terwyl een van die soldate aan boord, ons eie stamvader, Antoine FAURE was. Die Kockengen het op 24 Maart 1714 in Tafelbaai aangekom voordat dit op 5 April 1714 vertrek het na sy bestemming in Batavia.  

Lees gerus die verhaal van ons stamvader, Antoine FAURE se lewe in Europa hier.

Verskeie mense het navorsing gedoen oor die Hugenote wat in die Kaap gevestig het. Ons dink byvoorbeeld aan WF Leemans, asook CC de Villiers, wie se werk later deur Cornelis Pama aangepas en gepubliseer is. Hoewel waardevolle navorsing deur hierdie mense gedoen is, het sommige lede van ons eie Faure familie ook, met meer persoonlike aandag en belangstelling, baie navorsing gedoen wat gehelp het dat 'n meer volledige geslagsregister saamgestel kon word. Ons het ook die voordeel gehad dat lede van ons familie, wat later weer in Europa gevestig het, bronne daar kon navors wat baie nuttige inligting opgelewer het.

Die werk wat in hierdie webblad en geslagsregister opgeneem is, sluit ondermeer in die navorsing van
Dr AG (Tony) Faure (1926-)*
John Harris ('n aangetroude familielid)*
Prof Alexander Pierre Faure (1946-)
Albert Pieter Verner Faure (1931-2007)
* - in Europa.

Ons opregte dank en waardering aan die bostaande, asook verskeie FAURE familielede wat ons voorsien het (en steeds voorsien) van inligting van wat tans met ons familie gebeur. Ons bring ons rekords van tyd tot tyd op datum en publiseer dit ook op die geslagsregister wat deur middel van hierdie webblad gesien kan word.

  • Waar kom ons vandaan?
    • Oorsprong van die FAURE naam

      Die naam FAURE (uit die Latyns Faber, wat beteken ystersmid) is uit die Okitaanse taal. Ander variasies wat voorkom is Fabron, Fabre, Favre, Favreau, Lefebvre en Lefèvre.

      Dit is interessant om te weet dat die Okitaanse taal redelik algemeen gebruik word langs die noordelike kuslyn van die Middelandse see, vanaf Spanje tot in Italië.

      In Frankryk was verskeie tale gebruik, hoofsaaklik twee taalgroepe, naamlik langue d’oïl en langue d’oc - dit is die tale wat die woord "ja" as oïl (hedendaagse oui) of oc uitgespreek het. Sedert 1539 is Frans (langue d'oui) Frankryk se amptelike taal.

      In veral die suide van Frankryk is daarnog heelwat mense wat Okitaans as tweede taal gebruik. Sommige bronne reken tot 12% van die bevolking. Dit verduidelik ook die naam van die provinsie Languedoc, met Toulouse as hoofstad. Die naam van die provinsie is in 2016 amptelik verander na Occitanie.

      Okitaans is vanaf 2006 ook 'n amptelike taal van Katalonië in Spanje.

    • Orange

      Oranje, of Orange soos die Franse dit spel, het 'n besonderse geskiedenis.

      Uit die vroeë geskiedenis was daar verskeie Prinsdomme deur Europa versprei en Orange was ook so 'n Prinsdom, in 1163 gevestig in die Romeinse Ryk. Dit het ongeveer 18,000 hektaar beslaan (19 km lank en 15 km wyd). Die hoofstad, Orange, asook die dorpie Courthezon, is vir ons van belang. Dit is geleë sowat 30km noord van Avignon en bekend vir verskeie Romeinse strukture wat steeds in goeie toestand behoue gebly het.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      In 1356 is 'n Universiteit daar gestig.

      Die 11 jarige Nederlandse prins, later bekend as Willem die Swygelaar, het die gebied in 1544 ge-erf. Gedurende Willem se tyd asNederlandse koning, het Nederland betrokke geraak in die 80-jarige oorlog om onafhanklikheid van Spanje te verwerf. In 1584 het Willem se seun Maurice die troon bestyg en was die eerste Nederlandse vors wat die titel Prins van Oranje gebruik het.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Gedurende die Europese geloofs oorloë het Franse troepe onder bevel van die Graaf van Grignan Orange okkupeer, maar gesag was nie deur Willem oorgegee nie.

      Een belangrike punt om te onthou was dat Orange op daardie stadium 'n Protestantse enklawe binne 'n Katolieke Frankryk geword het.

      Die latere Willem III (ook bekend as Wiliam III van Engeland) was die laaste Nederlandse vors wat oor Orange regeer het. Na sy dood in 1702 was daar heelwat tou getrek oor wie Orange sou oorneem. Die Verdrag van Utrecht (1713) het Orange by Frankryk ingesluit maar die titel van Prins van Oranje het in Nederland gebly.

    • Die FAUREs van Orange

      Met die nagaan van ou rekords in ondermeer Orange, het dit duidelik geword dat FAURE 'n redelik algemene van is. Die navorser WF Leemans het bereken dat daar meer as 20 families met die van Faure in en om Orange gewoon het tydens die geloofs-oorloë.

      Interessant ook is dat sou mens 'Wikitree' ondersoek vind jy heelwat mense met die van Faure wat vanoor Frankryk as Hugenote in Amerika aangekom het. Baie se vanne het met tyd verander na 'n Amerikaanse verdraaïng, soos bv Foree. Een naam wat my wel opgeval het was 'n Faure-L'Orange.

      Ons eie stamvader kom uit die familie van Pierre FAURE. Ons vermoed hy was die seun van Alexander Faure, en soos die gebruik was, het Pierre sy oudste seun, uit sy eerste huwelik, ook Alexander genoem.

      Ons weet wel dat Pierre 'n broer gehad het met die naam Jean. Ons weet ongelukkig ook baie min van Jean en sy nasate.

      Dit is wel bekend dat Antoine, ons stamvader, later  met 'n Alexander Faure kontak gehad het. Hierdie Alexander was ook vroeër van Orange en was die seun van 'n Jean Faure.

      Is dit dalk moontlik dat hierdie Alexander die seun was van Jean, die broer van Antoine se pa Pierre? Was hierdie Alexander vernoem na sy Oupa, wat ook Antoine se oupa was? Ons weet nie.

      Daar is wel twee gedagtes met betrekking tot hierdie families. Die een, wat vir ons die meer logiese is, is dat Antoine en Alexander neefs was. (Seuns van die broers Pierre en Jean). Sien ook die toevallige gebruik van die familiewapen deur altwee families wat hier genoem word.

      Die ander gedagte wat deur ander navorsers voorgehou word, is dat daar twee Faure families van Orange was
      a) Die broers Pierre en Jean. Pierre se seun Antoine sal later as ons Stamvader bekend word.
      b) Twee ander broers, ook Pierre en Jean. Hierdie Jean het 'n seun Alexander gehad wie se paadjie later gekruis het met Antoine, ons Stamvader. 

      Ons kon nie 'n familieverband tussen die twee stelle broers vind nie.

    • Waar kom die FAURE naam nog voor

      Daar word bereken dat daar ongeveer 84,600 mense (2014 statistiek) in die wêreld is wat die familienaam Faure gebruik. Hiervan is ongeveer

      75,590
      in Frankryk
      1,700
      in Argentinië
      1,350
      in Suid-Afrika
      990
      in Amerika

      Daar is 'n verdere ongeveer 320 mense wat die variant Fauré gebruik terwyl ongeveer 280 mense Faure as 'n voornaam gebruik.

  • FAUREs wat onthou word

    Ons almal word onthou, maar sommige mense, vir verskillende redes, word vir langer, en deur meer mense, onthou. Hieronder sommige merkwaardige FAUREs. 

    (Indien daar ander FAUREs is wat hier 'n inskrywing verdien, laat weet asseblief)

    • Internasionaal

      Antoine FAVRE (1557 – 1624)

      Antoine Favre, baron van Pérouges (5 October 1557 – 1624) was 'n edelman en juris van Savoje.

      Gebore in Bourg-en-Bresse en studeer regte in Paris en Turyn. Hy praktiseer in die regte in Chambéry. Vanaf 1585 lid van die hof van Savoje en president vanaf 1610.

      Antoine word veral onthou vir sy regsmenings en publikasies. 

      Sommige geslagsregisters toon aan dat hy een van ons voorsate was. Ons kon egter geen verbintenis tussen hom en ons stamvader vind nie.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Felix FAURE (1841 – 1899)

      Felix François Faure (30/01/1841 – 16/02/1899), was die 6e President van die Derde Republiek van Frankryk. Hy het gedien as President vanaf 1895 tot 1899.

      Gedurende sy termyn is die Exposition Universelle van 1900 beplan. Baie van die aantreklikhede van hedendaagse Parys, soos die Eifel toring, Grand Palais, Petit Palais en Pont Alexandre III is gedurende sy presidensie opgerig.

      Sy uitgesprokenheid het hom soms ongewild gemaak. So het hy byvoorbeeld by 'n spoggeleentheid aan die Franse motorvervaardigers gesê dat: "Julle voertuie is ernstig lelik en hulle stink".

      Felix word egter nie onthou vir alles wat in sy termyn gebeur het nie. Sy groot oomblik het gekom toe hy sy meisie van die tyd in sy kantoor onthaal het. Dit op sigself was in daardie tyd aanvaarbaar, maar vir die ongelukkige Felix was die oomblik te groot en hy het dit nie oorleef nie.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Gabriel FAURÉ (1845 – 1924)

      Die komponis Gabriel Fauré (12/05/1845 – 04/11/1924) is seker die bekendste van al die Faures.

      Hy het sy musiekloopbban op ouderdom 9 begin toe hy na 'n musiekskool in Parys gestuur is. Een van sy leermeesters van die tyd, en uiteindelik jarelange vriend, was Camille Saint-Saëns.

      Gabriel het aanvanklik 'n bestaan gemaak as orrelis en musiek onderwyser waar hy ook vir Maurice Ravel onder hande geneem het. Hy is later aangestel as die direkteur van die Paris Conservatoire.

      Gabriel Fauré was 'n hoogs aangeskrewe en wyd gerespekteerde persoon.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Edgar FAURE (1908 – 1988)

      Edgar Faure (18/08/1908 – 30/03/1988) het in die regte studeer in Parys en op ouderdom 21 is hy tot die balie toegelaat. Die jongste prokureur ooit op daardie stadium.

      In 1942 het Edgar uitgewyk na Algiers waar hy aangestel was in die regsafdeling van die Voorlopige Regering van die Republiek. Na die oorlog tree hy op as regsverteenwoordiger van Frankryk by die Nuremberg verhoor.

      In 1946 word hy tot die parlement verkies waar hy ook in verskeie ministeriële poste diens doen. Hy dien ook as Eerste Minister vir twee termyne tussen 1952 en 1956.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Maurice FAURE (1922 – 2014)

      Maurice Faure (02/01/1922 – 06/03/2014) was parlementslid vanaf 1951 tot 1983 asook minister in verskeie Franse regerings. Hy dien as Senator vanaf 1983 tot 1988 en word deur President François Mitterrand aangestel in die Konstitusionele Raad.

      Na aftrede verhuis hy na die dorpie Cahors in die suide van Frankryk waar hy vir 25 jaar as burgemeester dien.

      In 1957 teken Maurice namens Frankryk die Verdrag van Rome - waaruit die Europese Unie tot stand gekom het.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Patrick FAURE (1946 – )

      Patrick Faure (12/05/1946 - ), seun van Maurice (hierbo) was 'n Franse sakeman.

      Hy sluit in 1977 by Renault aan en word vinnig bevorder tot streeksbestuurder. Teen 1981 neem hy die bestuur oor van Renault Oostenryk en in 1982 Renault VK. In 1985 word hy bevorder tot hoof van Komminikasie en Openbare Betrekkinge. Teen Januarie 1986 word hy aangestel op die Raad van Direkteure asook President van Renault Sport.

      Patrick word aangewys as die Voorsitter en CEO van Renault Sport in 1991. Teen 1998 dien hy ook as Voorsitter en CEO van Renault Beherend. In 2001 word hy Uitvoerende Vise-President van Renault. Hy tree af aan die einde van 2005.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Kieth FAURE (1951 – )

      Een van die berugde Faures. Keith George Faure (1951 – ) van Norlane, Victoria, is 'n Australiese beroeps misdadiger. Hy dien tans 'n lewenslange vonnis uit vir ondermeer verskeie moorde, manslag, gewapende roof en meer.

      Kieth kom uit 'n bekende misdaad-familie en hy het ook twee jonger broers, Leslie en Noel, wat albei ook langtermyn vonnisse uitdien vir ondermeer moord en manslag.

      Hy, of is dit sy storie, was die inspirasie vir 'n rolprent, ('Chopper', Australië 2000) waarin sy karakter ook uitgebeeld word. Daarna volg 'n TV dramareeks ('Underbelly', Australië 2008), 'n dramatisering van die Melbourne onderwêreld met Kieth se lewe uitgebeeld deur een van die hoofkarakters.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
    • Hier Plaaslik

      Dr Abraham Faure (1795 - 1875)

      Abraham Faure (1795 - 1875) is gebore in Stellenbosch.

      Hy bestudeer teologie aan die Universiteit van Utrecht (Nederland). Met sy terugkeer in 1818 word hy aangestel as leraar van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Graaff-Reinet. Teen 1822 word hy verplaas na die Grootte Kerk in Kaapstad waar hy dien tot sy dood in 1875.

      Sy bydrae en nalatenskap het ondermeer die volgende ingesluit:
      • Begin 'n sendingstasie in Graaff-Reinet vir plaaslike inwoners en slawe. Stig 'n sendingstasie (saam met Andries Stockenstrom) noord van die Oranjerivier.
      • Instrumenteel tot die tot stand koming van die eerste Sinode in Suid-Afrika (Kaapstad 1824). Dien as Aktuaris (1829-67), archivaris (1829-67), Skriba (1842-62) en Tessourier van die Sinode Fonds asook die Weduwee en Wese Fonds.
      • Hy bring die eerste kerk biblioteek tot stand en saam met Thomas Pringle begin hy die eerste tydskrif in Suid-Afrika, 'Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tijdschrift' (1824 - 1843)
      • Begin in Okt 1838 die eerste gemeente tydskrif, vandag bekend as die 'Die Kerkbode'. He was redakteur tot 1869.

      Op die gebied van onderwys het hy die volgende bydrae gemaak:
      • Abraham was instrumenteel tot die stiging van die South African College in 1829 waar hy ook onderig gee vir 3 jaar. In tyd het die South African College ontwikkel tot beide die South African College Schools (SACS) asook die Universiteiet van Kaapstad (UCT).
      • Hy pleit by die Britse Minister van Kolonies, Count Bathurst, vir die stigting van 'n teologiese Seminarium in die Kaap wat uiteindelik lei tot die Teologiese Seminarium van Stellenbosch in 1859.

      In 1862 het die Rutgers College van New Brunswick (NY) aan Abraham 'n Ere-Doktorsgraad in Teologie toegeken.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Rev David FAURE (1842 - 1916)

      David Pieter Faure (1842 - 1916) is gebore in Stellenbosch. In sy uiters interessante autobiografie 'My life and Times' (Juta 1907) vertel hy die verhaal van iemand wat diep spore getrap, en 'n interessante lewe gelei het.

      Na sy skoolopleiding in Kaapstad bestudeer hy Teologie aan die Universiteit van Leiden waar hy onder die invloed van die Moderne Teologie 'n vrye denker word. Sy siening het lynreg gebots met die van die meer Ortodokse siening van die NG Kerk. Hy begin 'n reeks lesings in Kaapstad wat lei tot die stigting van die Vrye Protestantse Kerk (huidige Unitarian) in 1868 waar hy ook vir 29 jaar as leraar optree.

      In 1884 vergesel hy die afvaardiging van die Zuid-Afrikaanse Republiek, onder leiding van President Paul Kruger, as vertaler, na Londen vir die ondertekening van die Londen Konvensie.

      As Vrymesselaar hou hy verskeie ampte tussen 1870 1n 1897, ondermeer die van Provinsiale 'Grand Master' asook die van 'Deputy Grand Master'. David was ook 'n jagter, hengelaar, het krieket gespeel, was 'n meester snoekerspeler en het graag skaak gespeel.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Sir Pieter FAURE (1848 – 1914)

      Pieter Hendrik Faure (1848 - 1914) is gebore op 'Vergenoegd' en was 'n prokureur en politikus.

      Nadat hy kwalifiseer as prokureur open hy 'n regspraktyk in Paarl in 1880. Teen 1889 word hy lid van die Parlement en in 1890 stel Cecil John Rhodes hom aan as Minister van Naturelle Sake. Hy dien ook as Koloniale Sekretaris in Rhodes se tweede regering (1894-1896). Gedurende 1896 word hy minister van Landbou tot 1898 en word belas met die uitwissing van die Rinderpes.

      Vanaf 1900 dien hy weer as Minister van Landbou en tussen 1902 en 1904 as Koloniale Sekretaris. Vir die termyn 1904 tot 1907 dien hy op die Kommissie van Ondersoek na Oorlogskades. Hy verteenwoordig die Westelike Provinsie in die Wetgewende Vergadering vanaf 1908 tot 1910.

      Hy word tot Ridder geslaan in 1895.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Kol Hannes FAURE (1917 - 1995)

      Johannes Philibert Morkel Faure (1917 - 1995) het grootgeword op die plaas 'Kahlenberg' naby Faure. Hy en sy jonger broer Hendrik Morkel ('Hennie') het die plaas ge-erf en uiters suksesvol die familie boerdery bedryf.

      Die behoefte aan aksie het ingemeng. Terwyl Hennie met die boerdery voortgegaan het, het Hannes, as 'n 'Shaka' vrywilliger in die Winteroorlog in Finland naam gemaak as uitstekende en suksesvolle vegvliënier.

      In 1941 sluit hy by die lugmag aan. Hy doen diens as vliënier oor Noord-Afrika, Malta, Sicilië en Italië. Hy word vereer met verskeie medaljes en toekennings en as jong Lt.Kol het hy die eer om die SA Lugmag te lei by die Oorwinnings Parade in Londen (Junie 1946).

      Met sy terugkeer na die oorlog neem hy die bevel van die Lugmagbasis by Langebaan en aan die einde van 1950 keer hy terug plaas toe. Hy is in Februarie 1995 oorlede.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
  • FAUREs wat in besigheid 'n merk gemaak het

    Lede van die Faure familie het ook die besigheids wêreld betree. Hier is sommige van die besighede wat onthou word.

    (Indien daar ander FAUREs is wat hier 'n inskrywing verdien, laat weet asseblief)

    • Faure Pere et Fils

      Antoine Theodore FAURE

      Antoine Theodore Faure was die jongste van die nege kinders van Gilbert Faure, 'n polisieman van Peyrat-la-Noniere in the Creuse omgewing. Hy verwerf 'n studiebeurs en voltooi sy skoolopleiding by die skool vir beeldende kuns an handwerk in Angers.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Hy vestig hom in Revin, in die Ardennes streek naby die grens van België. Sy eerste werk was as ontvangs klerk by Compagnie des Chemins de Ardennes, 'n maatskappy wat die plaaslike spoorlyn gebou en onderhou het.

      Dit het hom nie lank geneem om te besluit sy eie fabriek in Revin te begin nie, en in 1854 vervaardig hy gietvorms vir spoorweg toerusting. Die eerste fabriek was 'n gebou van 15 by 60m. Die produk wat hy vervaardig het, het nie juis in sy smaak geval nie hy besluit om "FAURE" stowe te vervaardig.

      Dit het goed gegaan met sy besigheid en Theodore begin om nuwe persele aan te koop. Ongelukkig het dit nie lank geneem voor finansiële probleme kop uitsteek nie. Dit het gelei tot 'n skikkings ooreenkoms met sy krediteure in 1868.

      Theodore het onmiddelik begin om sy probleme op te los. Hy verkoop toe al sy fabrieke en materiaal maar huur dit van die kopers en gaan voort met besigheid. Hy het ook sy huis verkoop aan die Morel familie, a plaaslike kompiteerder. Al die fabrieke is teen 1879 terug gekoop en die huis in 1903.

      Theodore se seun Henri sluit by die besigheid aan en dinge gaan sommer baie beter. Henri het veral gesorg dat hulle self na hulle finanasies omsien en nie ander mense daarmee vertrou nie.  Uitbreidings aan die besigheid het ondermeer die volgende ingesluit:

      • In 1880 word van die prosesse in die besigheid geskuif na 'n nuwe gietery wat hulle in Laifour met die spesifieke doel ontwerp en gebou het
      • In 1882 koop hulle 'n fabriek in Le Petite-Commune waar hulle 'n koper smelt aanleg begin
      • In 1807 word 'n fabriek wat spesialiseer in koper gietery in Mezieres aangekoop
      • Nog 'n fabriek, 'n yster gietery word ook in 1907 in Signy-le-Petit gebou

      Henri het in 1891 die besigheid oorgeneem na die afsterwe van Antoine Theodore. Hy was die persoon wat die besigheid gebou het tot "Faure Pere et Fils” (Faure, Pa en Seuns). Hy het ook elke moontlike stukkie grond opgekoop wat hy kon om die besigheid uit te brei. In 1900 het Louis, sy oudste seun by hom aangesluit as assistent. Sy ander seuns het gevolg, Raymond in 1905, Henri in 1914, Pierre in 1921 en Jean in 1923.

      Die fabriekskatalogusse het destyds 'n uitsonderlike reeks modelle ingesluit, onder meer 40 verskillende gietyster reekse, 34 soorte stowe en oop vure, 48 groter stowe, 26 soorte vrystaande stowe, 71 plaatmetaal- en gietysterkookreekse, 13 verskillende plaatmetaal- en gietysterkombuisstowe en 'n uitgebreide reeks verwante artikels in verskillende groottes – 1400 produkte in totaal. Verder het dit ook ingesluit 'n indrukwekkende versameling roosters, steenkoolemmers, strykysters, wafelysters, klein stowe en verwarmers, seepbakkies, spoegbakkies, bordstaanders, sambreelstaanders, grawe en tange, borde en ander houers, stewelskrapers, tafel- en bankpote, vase en blompothouers, ruikerhouers en tuinhouers, voerbakke, waterbakke, urinale, fonteine, toilette en waterreservoirs, gietysterpompe en die hele reeks swart of gegalvaniseerde staal houers ingesluit.

      Die begin van die oorlog in 1914 het beteken dat al die bedywighede in die Ardenne streek tot stilstand gekom het. Henri het wel voortgegaan om stowe te bou by twee 'nood' aanlegte by Nevers en Conches, verder suid van die grens. Die hoofkantoor het geskuif na Trouville-sur-Mer waar Henri 'n huis besit het. Sy vier oudste seuns is in die weermag opgeneem maar was gelukkig genoeg om in 1919, na die oorlog terug te keer.

      Henri is gedurende 1922 oorlede en bestuur van die besigheid is oorgeneem deur 'n Raad van Direkteure onder voorsitterskap van Louis Faure. Weer het 'n tydperk van voorspoed gevolg wat gekenmerk is deur intense aktiwiteit en grootskaalse produksie. Die manier waarop die besigheid bedryf is, het nou verander en in 1925 het 'FAURE' vir die eerste keer aan die Paryse Uitstalling deelgeneem. Die maatskappy het ook 'n vertoonlokaal op die Boulevard Richard Lenoir in Parys geopen.

      In 1926 is die Cresu572-stoof suksesvol bekendgestel en 'n nuwe fabriek onder die naam 'Cinq Paires' is in Revin verkry.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      In 1931 het ‘FAURE’ die beginsel van ‘gesinsalarise’ bekendgestel, gebaseer op die uitgangspunt dat elke werknemer wat die hoof van 'n gesin was, 'n ekstra 20% salaris per kind ontvang het. Dit het in werklikheid beteken dat die werknemer met vyf kinders, se salaris verdubbel het. Hierdie voordeel was aan 'n maksimum gekoppel.

      In 1934 is 'n nuwe plaat-emalje-aanleg gebou en die maatskappy het besluit om deel te neem aan die 'Societe Nouvelle d'Electricite et du Chauffage' (Nuwe Elektrisiteits- en Verhittingsvereniging) om produksie verder te diversifiseer.

      Die Tweede Wêreldoorlog asook die algehele ontruiming van die Ardenne-streek, het 'n einde aan hierdie tydperk van ontwikkeling en voorspoed tot gevolg gehad. 'n Klein groepie van die Revin-arbeidsmag het weer in Nevers begin en werk gedoen in die fabriek wat in 1914 as 'n toevlugsoord gedien het.

      Na die Tweede Wêreldoorlog het aktiwiteite eers in 1952 weer ernstig begin. Baie probleme is in die tydperk na 1945 ondervind en produksie in die fabriek in Signy-el-Petit het eers in 1952 begin. Daar was die geleentheid om van die fabrieke vroeër te begin, maar die maatskappy het besluit om eers in die ystergietery te belê omdat die vraag verander het. Die vraag na plaatmetaal, eerder as gietyster, het gestyg. Die uitvinding van die 'VUURBAL', 'n nuwe tipe mobiele gasverhittingsapparaat in 1953, was 'n groot sukses, maar nie genoeg om toenemende mededinging in die mark, veral uit Italië, af te weer nie.

      In 1960 is ‘FAURE’ aan sy hoofmededinger in Revin, ‘ARTHUR MARTIN’, verkoop. Hierdie vervaardiger het die handelsmerk se ontwikkeling en modelstandaardisering voortgesit. Die reeks ‘FAURE’-produkte wat verkoop is, het merkbaar verbeter, maar slegs die handelsmerketiket van die toerusting het steeds die verskil tussen die twee handelsmerke aangedui.

      ‘ARTHUR MARTIN’ het dieselfde probleme as ‘FAURE’ ondervind en is in 1972 oorgeneem deur die ‘Societe Generale de Belgique’, wat op sy beurt sy belang in die besigheid in 1975 aan ‘ELECTROLUX’ verkoop het.

      Die handelsmerk ‘FAURE’ leef steeds voort in die sektor vir elektriese huishoudelike toerusting, met 'n lang historiese industriële verlede.

      (uittreksel van kachelsuitfrankryk.nl 2018)

    • Bertrand Faure

      Bertrand FAURE

      Hierdie is seker die grootste suksesverhaal in die Faure geskiedenis van besigheid. In 1914 het Bertrand Faure 'n fabriek begin waar trein en motorsitplekke vervaardig is. Die maatskappy het ook in 1954 beddens begin vervaardig.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Gedurende die 60s en 70s het Bertrand Faure se onderneming gegroei en teen 1971 was dit reeds verteenwoordig in meeste Europese lande. Teen 1982 het die maatskappy betrokke geraak in die bagasie besigheid met die oorname van Delsey. Gedurende 1983 is die Amerikaanse mark betree en teen 1989 ook die Verenigde Koninkryk en Japan. Aan die einde van 1996 was daar ook kantore in Sjina, Korea en Brasilië.

      Verdere groei het gevolg, ook deur oornames, en teen 1999 volg die samesmelting met ECIA en die geboorte van Faurecia.

      Faurecia het gegroei tot die 6e grootste internasionale motor onderdeel vervaardiger. Een uit elke vier nuwe motors is toegerus met Faurecia komponente. Faurecia ontwerp en vervaardig sitplekke, die totale binneruim (paneelbord, deur panele ens) uitlaatstelsels, skokbrekers en ander buite komponente soos die voor- en agterkante van die voertuig. Faurecia beskik oor meer as 320 produksie aanlegte in 34 lande en het meer as 95,000 werknemers.

      Gedurende 2021 het Faurecia die beherende belang in Hella bekom, en verander die naam na Forvia.

    • Pierre Faure Automobiles

      Pierre FAURE

      Pierre Faure Automobiles was in Parys gevestig en het die onderskeiding dat hy een van die eerste motor vervaardigers was om 'n elektriese voertuig te bou.

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Brandstof voorsiening was gedurende die oorlog baie onvoorspelbaar en dit het gelei tot die bou van die Pierre Faure 'Elektra' wat vanaf 1941 beskikbaar was. Hierdie merkwaardige voertuig was toegerus met 6 batterye wat dit kon aandryf teen ongeveer 40km/h. Dit kon sowat 80km haal voordat dit herlaai moes word.

      Pierre Faure, toe 'n kollega van Louis Breguet (stigter van Breguet Aviation) het aan die einde van 1940 sy model PF1, later bekend as die 'Electra', bekend gestel. Hierdie tweesitplek voertuig was ontwerp deur die argitek Michel Dufet.

      Twee modelle is aangebied, 'n Koepee en aflewerings voertuig. Produksie is in 1947 gestaak, hoofsaaklik as gevolg van die probleme om materiaal te bekom en die feit dat brandstof weer vryelik beskikbaar was. Slegs 25 eenhede is gebou. Sommige van hulle is nog in omloop.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Pierre Faure Automobiles
      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Pierre Faure Automobiles

      Hierdie motor (Serie Nommer onbekend) is in 2015 op 'n veiling in Londen verkoop vir €21,900. Dit was vertoon by die Salon RetroMobile van 2016 in Parys.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Pierre Faure Automobiles

      Hierdie model, (aflewerings voertuig met serie nommer 214), is in 1942 gekoop deur Laboratoire Sténé van Lille. Dit beskik steeds oor die registrasie 6794NA. Eerste registrasi was op 22/06/1942.

      Dit is in November 2015 in Lyon op 'n veiling verkoop vir €24,000.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Pierre Faure Automobiles

      Hierdie model (serie nommer 16) is steeds in sy oorspronklike toestand. Eerste registrasie was in 1941. Herverkoop op 06/05/1943 en die nuwe registrasie was 2425CT5. In Februarie 1955 is dit verkoop aan die museum in Chatellerault.

      In Februarie 2014 is dit op 'n veiling in Parys verkoop vir $69,100.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Pierre Faure Automobiles
    • Pedro Faure

      Pedro FAURE

      Daar is wel nie meer enige Faure betrokke in hierdie onderneming nie, maar sy storie regverdig die inskrywing. Dit begin met die Fransman, Pedro Faure wat in 1727 'n drukkery in Lisabon, Portugal open.

      Teen 1732 het Pedro Faure 'n boekwinkel geopen in Rua Direito do Loreto, Lisabon. Gedurende 1742 het sy skoonseun, Pierre Bertrand, by hom aangesluit en verander die winkel se naam na "Pedro Faure & Bertrand".

      Antoine Favre, baron of Pérouges

      Die winkel is verwoes tydens die aardbewing van 1755 en is herbou in Rua Garrett op die Chiado plein, Lisabon. Die besigheid verhuis na die oorspronklike perseel in 1733 waar dit steeds vandag besigheid doen, asook in 52 ander persele. Vandag die grootste boekhandelaar in Portugal.

      In 2011 is dit in die Guinness Book of World Records opgeneem as die oudste boekwinkel in die wêreld wat steeds in bedryf is.

    • ... en meer...

      FAURE Tansport & FAURE Tourisme

      Gedurende 1848 het Alexandre FAURE 'n postkoets aflosdiens begin om goedere, hoofsaaklik van Indië en geland in Marseille, na Parys te vervoer.

      Faure Transport

      Die maatskappy, wat ontwikkel het in passasiersvervoer, het gedurende 1924 met sy eerste motorvoertuie aangeskaf.

      Tans is Faure Transport steeds baie aktief in passasiers- en toerismevervoer vanuit hul basis in Lyon. Met meer as 1000 voertuie vanuit 9 kantore word meer as 110 000 passasiers per dag bedien.

      Alexandre Faure with stagecoach

      'n Filiaal, Faure Tourisme, bedryf besigheid vanuit 35 kantore en voorsien in bus-, trein-, vliegtuig- en see-vaart toere.

      Placeholder Picture

      Raymond FAURE et Fils

      Die maatskappy, wat in 1931 deur Raymond FAURE gestig is, het bestendig gegroei en is sedertdien aan sy afstammelinge oorgedra, wat dit vandag nog bestuur.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
      Placeholder Picture

      Escuela Garcia FAURE

      Ofelia Garcia Faure is in Februarie 1905 in Cordoba, Argentinië, gebore en was die 5de van 12 kinders.

      Gedrewe deur 'n diep passie vir onderwys, sowel as die kunste, het sy die Escuela García Faure (Garcia Faure Skool) in 1954 gestig met 'n sterk fokus op die kunste.

      Die eerste gradeplegtigheidsklas, in 1966, het in Besigheidsadministrasie gespesialiseer.

      Ofelia is in 1995 oorlede.

      Antoine Favre, baron of Pérouges
Tuisblad  /  Waar kom ons vandaan  /  Ons Stamvader  /  Geslagsregister  /  Kontak  /  Terme en Voorwaardes  /  Privaatheid
GEEN Kunsmatige Intelligensie (AI) is gebruik met die maak van hierdie webblad nie.
Placeholder Picture