faure.co.za

Faure familiewapen

Placeholder Picture

Daar is nie 'n amptelike familiewapen geregistreer wat ons "ons eie" wapen kan noem nie.

'n Familiewapen, of wapenskild, word aan 'n indiwidu toegeken, en slegs sy direkte nasate het erflik die gebruiksreg daarvan, en nie alle persone wat dieselfde van voer nie.

Die wapen wat op hierdie webblaaie vertoon word, is die wapen wat deur Anoine FAURE na Suid-Afrika gebring is. Dit het amptelik in onbruik geraak na twee geslagte toe daar geen verdere direkte manlike nasate was nie.

Die gebruik met familiewapens was dat variasies van die wapen deur ander familielede geregistreer word wat dan erflik aan hul direkte nasate oorgedra word. Die huidige neiging, in Europa veral, is dat totaal nuwe ontwerpe, met geen verband aan vorige ontwerpe, gebruik word. Sien afbeeldings van verskillende Faure familiewapens hieronder.

faure.co.za
faure.co.za
faure.co.za
faure.co.za
faure.co.za
faure.co.za
faure.co.za
faure.co.za
faure.co.za