Pierre Faure, toe 'n kollega van Louis Breguet (stigter van Breguet Aviation) het aan die einde van 1940 sy model PF1, later bekend as die 'Electra', bekend gestel. Hierdie stroombelynde tweesitplek voertuig was ontwerp deur die argitek Michel Dufet.
Hieronder enkele fotos uit daardie tyd. (Kliek daarop om 'n groter foto te sien)
Hierdie motor (Serie Nommer nie bekend) is in 2015 op 'n veiling in Londen verkoop. Dit was vertoon by die Salon RetroMobile van 2016 in Parys.
Hierdie model met gewysigde agterkant (serie nommer 214), is in 1942 gekoop deur Laboratoire Sténé van Lille. Dit beskik steeds oor die registrasie 6794NA. Eerste registrasi was op 22/06/1942.
Dit is in November 2015 in Lyon op 'n veiling verkoop vir E24,000.
Hierdie model (serie nommer 16) is steeds in sy oorspronklike toestand. Eerste registrasie was in 1941. Herverkoop op 06/05/1943 en die nuwe registrasie was 2425CT5. In Februarie 1955 is dit verkoop aan die museum in Chatellerault.
In Februarie 2014 is dit op 'n veiling in Pays verkoop vir $69100.