faure.co.za

Faure familie in Suid-Afrika

Placeholder Picture

Ek is 'n trotse lid van die Suid-Afrikaanse Faure familie en hierdie webblad is my beskeie huldiging van 'n familie wat diep spore getrap het in ons land se vroeë geskiedenis.

Oorsprong van die naam

Faure is 'n familienaam uit die Okitaanse taal en beteken 'Ystersmid' (uit die Latynse 'Faber'). Streek en dialek variasies sluit in Favre, Fauré, Lefèvre. Die Okitaanse taal word steeds gebruik langs die noordelike kuslyn van die Middelandse See, vanaf Spanje tot Italië maar veral in die Franse administratiewe streek Occitanie

Faure in Frankryk

Huidiglik (2015 statistiek) is daar ongeveer 49,000 inwoners van Frankryk met die van Faure en is dit nommer 33e op die lys van algemene vanne.

Die naam Faure kom in verskeie Franse geskiedkundige dokumente voor. Daar is rekord van Faures in die eertydse adelstand, 'n voormalige President asook in verskeie ander dele van die bevolking. Die naam kom byvoorbeeld ook voor op Koning Lodewyk XIV se lys van personeel van die paleis van Versailles - 3 van hulle, en daar is ook mense met die naam Faure wat voorkom op die lys van slagoffers van La Guillotine.

Die koms na Suid-Afrika


Teen die einde van die 16e eeu en tot in die 18e eeu het sowat 500,000 Protestante, ook bekend as Hugenote, uit Frankryk gevlug om vervolging te voorkom. Een van hierdie Hugenote, Antoine Faure (1685 - 1736), het op 24/03/1714 aan boord van die Nederlandse vaartuig Kockengen in Tafelbaai geland.

Lees gerus die interesante verhaal van Antoine se lewe in Europa, vanaf Orange, deur Frankryk, Switzerland, Duitsland en Nederland. Dan die bootreis en hoe dit bygedra het dat hy hier aan die Kaap 'n vastrapplek gevind het. Hierdie besondere verhaal is saamgestel deur Dr AG Faure en word met groot dank hier beskikbaar gestel. Dit is opgeneem in die geskiedenis deel van die geslagsregister.

Die Faure geslagsregister

Baie moeite is gedoen om die familieregister van die Suid-Afrikaanse Faures saam te stel.

Al die beskibare inligting van die familie word hier op die webblad aan u beskikbaar gestel. Daar is twee beskikbare weergawes van die register. Die elektroniese weergawe, waar u maklik 'n familielid kan opspoor, bevat reeds elke lid van die familie terwyl meer algemene inligting tans bygewerk word. Die gedrukte weergawe beval reeds die meer volledige inligting.  Beide hierdie weergawes is slegs in Engels beskikbaar.

As u enige bydraes wil maak tot die inligting tot ons beskikking, of foute in die inligting wil uitwys, of moontlik meer inligting wou gehad het, moet asb nie huiwer om met my in verbinding te tree nie.