faure.co.za Faure familie beroemde / berugte Faures Faure in besigheid plekke / dinge Faure ander Faure websites

FAURE IN BESIGHEID

Daar is 'n hele aantal mense wat die naam Faure dra wat iewers 'n besigheid besit of bedryf. Daar is ook instellings wat gebruik maak van die Faure naam - sommige weens ligging, ander weens 'n vroër verbintenis met 'n Faure. Wat ookal die rede, meeste is besig om die naam met trots te dra. Ek lys hieronder sommige wat my oog gevang het.


hier in suid-afrika

FAURE & FAURE

Die regspraktyk Faure & Faure is in 1880 deur Pieter Hendrik Faure (1848 - 1914) gestig, met kantore in die Paarl. Pieter se seun Koos (Jacobus Christiaan 1879 - 1955) het by sy pa aangesluit na hy ook as prokureur toegelaat is.

Pieter Hendrik was vanaf 1889 parlementslid vir 23 jaar, 14 waarvan as minister. Hy is in 1895 tot Ridder geslaan en was daarna bekend as Sir Pieter.

Die onderneming is steeds in die Paarl gevestig.

FAURE WINE FARMS

Die Faure familie het in 1917 'n plaas bekom in die omgewing van die huidige spoorwegstasie Faure. Met tyd is nog vier aangrensende plase ook aangekoop en is wingerd aangelê.

Hierdie onderneming, tans bekend as Faure Wine Farms, verbou hoë kwaliteit wyndruiwe wat aan wynmakers verkoop word.

Die plase en boerdery word steeds besit en bedryf deur die oorspronklike Faure familie.

VERGENOEGD

Die Faure naam is nie deel van hierdie handelsmerk nie, maar die Vergenoegd plaas is 'n belangerike hoofstuk van die Faure verhaal in Suid-Afrika.

Die plaas is reeds sedert 1820 in besit van die Faure familie, en verkeie bekroonde wyne is al hier produseer.

GLEN FAURE WINES

Glen Faure bemark bekostigbare wyn in die informele mark en hy voer ook wyn uit na Angola, Mosambique and Nigerië. Hy bekom wyn van verskeie produsente en voorsien 'n interessante kwaliteit wyn teen uitstekende pryse.

Dit was nog nie moontlik om enige familie verband te bepaal nie.

FAURE ENGINEERING










van regoor die wêreld

FAURE

Faure is net nog 'n handelsmerk in die reuse Sweedse konglomoraat, Electrolux. Faure is bekend in Europa vir hoë gehalte kombuis toerusting soos yskaste, stowe en dies meer.

Dit het alles in 1854 begin en die handelsmerk is vandag nog steeds gewild. Volgens Eloctrolux: (my vertaling) 'Faure is gevestig aan die voorpunt van ontwerp en innovasie. Daardie beeld het Faure as die nommer 3 handelsmerk in Frankryk gevestig vir die termyn vanaf 1970 tot 1988.'

PIERRE FAURE AUTOMOBILES

Pierre Faure Automobiles was in Parys gevestig en het die onderskeiding dat hy een van die eerste motor vervaardigers was om 'n elektriese voertuig te bou.

Brandstof voorsiening was gedurende die oorlog baie onvoorspelbaar en dit het gelei tot die bou van die Pierre Faure 'Elektra' wat in 1941 bekendgestel word. Hierdie merkwaardige voertuig was toegerus met 6 batterye wat dit kon aandryf teen ongeveer 40km/h. Dit kon sowat 80km haal voordat dit herlaai moes word.

As gevolg van die probleme om materiaal te bekom is slegs 25 eenhede gebou. Sommige van hulle is nog in omloop.

Kliek hier om te sien hoe hy gelyk het

FAURECIA

Hierdie is seker die grootste suksesverhaal in die Faure geskiedenis van besigheid. In 1914 het Bertrand Faure 'n fabriek begin waar motorsitplekke vervaardig is. Die maatskappy het ook in 1954 beddens begin vervaardig.

Gedurende die 60s en 70s het Bertrand Faure se onderneming gegroei en teen 1971 was dit reeds verteenwoordig in meeste Europese lande. Teen 1982 het die maatskappy betrokke geraak in die bagasie besigheid met die oorname van Delsey. Gedurende 1983 is die Amerikaanse mark betree en teen 1989 ook die Verenigde Koninkryk en Japan. Aan die einde van 1996 was daar ook kantore in Sjina, Korea en Brasilië.

Verdere groei het gevolg, ook deur oornames, en teen 1999 volg die samesmelting met ECIA en die geboorte van Faurecia.

Vandag is Faurecia die 6e grootste internasionale motor onderdeel vervaardiger. Een uit elke vier nuwe motors is toegerus met Faurecia komponente. Faurecia ontwerp en vervaardig sitplekke, die totale binneruim (paneelbord, deur panele ens) uitlaatstelsels, skokbrekers en ander buite komponente soos die voor- en agterkante van die voertuig. Faurecia beskik oor meer as 320 produksie aanlegte in 34 lande en het meer as 95,000 werknemers.

Mooi so Bertrand!




Dit is uiteraard onmoontlik om almal wat besigheid doen hier in te sluit, maar indien u van ander besighede weet wat die Faure naam gebruik, of miskien ken u 'n Faure wat 'n besigheid bedryf, laat my asb weet. U is ook welkom om my te kontak indien u oor meer inligting van die Faure familie beskik wat u met ons wil deel, of indien u van ons inligting wil korrigeer, of dalk net wil gesels. Ek is hier: faure @ faure.co.za







website by thewebman.co.za thewebman